Arina du Plessis

Só lyk die moeder van alle bederfbokse! Hierdie week se Pure Boland Market Deluxe Produce Box sluit die ongelooflikste vars plaasprodukte en ander lekkernye uit die Breedekloof in waaroor ons geskryf het in die nuwe uitgawe van Landbou Boerekos. Daar’s vrugte en groente (persimmons, koejawels, granate, sagtesitrus, vars kruie, appels en nog!), reg-om-te-eet slaaie, ‘n reuse quiche, wildskenkels, hoenderschnitzels, bolognaise-sous, kaaswors, coppa, gebakte lekkernye (die heel beste kaaskoek, meringuekoek, Russiese heuningkoek, cake pops, kleinkoekies, truffels en een van Trevor Daly se fantastiese brode), heuning, egte moskonfyt, souse, pesto, piekels, geskenkbewyse van die mense van die Breedekloof én ‘n Boerekos-tydskrif! My kombuistafel was amper te klein om alles op uit te pak. As jy nie dié week bestel het nie, maak seker jy mis nie weer uit nie.